PraatSaam Kafee

Kom gee jou mening! Kom lug jou opinie! Neem deel aan die gesprek! Uiteindelik, 'n plek waar jy jou sê kan sê en dit van jou hart kan kry. Praatsaam Kafee is 'n plek waar daar elke tweede Sondagaand oor 'n bepaalde onderwerp gesels kan word oor 'n heerlike koppie van jou gunsteling warm (of koel!) drankie en 'n snytjie koek. Ons gesels oor:

  • Verhoudings, aktuele nuusgebeure, hoe om slegte gewoontes te verbreek, flieks, aardverwarming en nog baie meer!

...So bring jou huidige vriende en ontmoet nuwes en kom gesels 'n hond uit 'n bos uit in 'n warm, hartlike atmosfeer.
 
Koste: Gratis
 

Kwartaal 3 Tema: Ouers en kinders

 

Verhoudings in die moderne gesin – Sondag 6 Augustus 2017, 17:00-18:00
Bloed is dikker as water en elke huis het sy kruis, met tegnologie as indringer in ons alledaagse leefstyl. Kom praat saam oor die belangrikheid van verhoudings in die moderne gesin.

 

Spiritualiteit van jou kind
Sondag 20 Augustus 2017 17:00-18:00

 

Jou tiener in aksie – Sondag 3 September 2017, 17:00-18:00
Jou tiener en jy. Kom gesels saam oor môre se leiers en vandag se kreatiewe denkers. Die wêreld verander voortdurend en ons jongmense is die aanpasbaarste generasie om die toekoms in te gaan. Kom ons maak seker dat hulle reg voorberei is vir die dag van môre.